Kuborg

R180.00

Kuborg bied ’n leesavontuur op meer as een vlak. Die gedigte is noukeurig gerangskik rondom ’n wentelpunt in die middel van die bundel en kan gelees word in die volgorde waarin die verse op mekaar volg.

ISBN: 978-0-796135-4-0

Kategorieë: ,

Etikette: ,

Toenemende ontmensliking in ’n kuber-gedomineerde wêreld loop soos ’n elektriese draad deur Martina Klopper se tweede digbundel. In die eerste deel, “Bionies”, word menslike verhoudinge en selfs herinneringe herskik en omgeskakel in meganiese en elektroniese terme. In die tweede deel, “Biologies”, word die moeisame herstel na die menslike verwoord.

Kuborg bied ’n leesavontuur op meer as een vlak. Die gedigte is noukeurig gerangskik rondom ’n wentelpunt in die middel van die bundel en kan gelees word in die volgorde waarin die verse op mekaar volg. Die bundel is egter uniek omdat elke gedig ook saam met sy keersy gelees kan word, soos dit in die inhoudsopgawe gerangskik is. Boonop daag talle gedigte die leser ook uit om die masjienagtige in menslike terme te vertaal.

Gewig 1 kg
Dimensies 137 × 6 × 213 mm
Genre

Poësie

Outeur

Martina Klopper