mensig!

R150.00

Hierdie bundel bevat 34 verse van Leon Strydom wat in handskrifvorm nagelaat en getranskribeer is. Die gedigte verwys dikwels na dinge wat vir die meeste lesers bekend is: die Bybel, hengel, rugby, kos en siekte.

SKU: 978-0-6397-6979-0

Categories: ,

Tags: ,

Hierdie bundel bevat 34 verse van Leon Strydom wat in handskrifvorm nagelaat en getranskribeer is. Die gedigte verwys dikwels na dinge wat vir die meeste lesers bekend is: die Bybel, hengel, rugby, kos en siekte. Dit is meestal in eenvoudige Afrikaans geskryf, dikwels speels, maar die taalgebruik is soms ook dubbelsinnig en kripties. Meer as een betekenis kan dus skuil in die kort verse, wat kan wissel tussen slegs twee reëls en ’n enkele gedig van 13 reëls. In die laaste gedigte is daar ook suggesties van ’n naderende einde en die bundel sluit met ’n ontroerende vers oor die “heelseggende stilte hierna”.

Benewens die nagelate gedigte bevat die bundel ook twee nawoorde ter huldiging van Leon Strydom. Prof. Ina Wolvaardt-Gräbe skryf oor sy groot bydrae tot die vestiging van die vakgebied Algemene Literatuurwetenskap aan Suid-Afrikaanse Universiteite en prof. Bernard Odendaal lewer ’n kort oorsig oor Strydom se twee vorige digbundels en bespreek enkele sleutels tot die leesavontuur wat die nagelate verse in hierdie bundel vir lesers inhou.

Weight 1 kg
Dimensions 137 × 6 × 213 mm
Genre

Poetry

Outeur

Leon Strydom