Sandskrif

R200.00

Die Namibiese landskap en sy mense speel ’n sentrale rol in die sesde bundel van Kobus Lombard.  Teenoor die onwrikbaarheid en grootsheid van die woestyn en die see en die geharde fauna en flora van die land word die mens met sy broosheid en sterflikheid gestel.

SKU: 978-0-7961100-0-8

Categories: ,

Tags: ,

Die Namibiese landskap en sy mense speel ’n sentrale rol in die sesde bundel van Kobus Lombard.  Teenoor die onwrikbaarheid en grootsheid van die woestyn en die see en die geharde fauna en flora van die land word die mens met sy broosheid en sterflikheid gestel. Die nietigheid van die digter se werk kom reeds in die openingsgedig aan die bod: “… ek weet dis tyd om om te draai//voor die wind//my laaste woorde wegwaai.” 

Die digter tree in gesprek met God, sy aanneem- en biologiese ouers, gesinslede en die inheemse mense van die land, en laastens ook met homself. Woorde is uiteindelik sy enigste verweer, die enigste instrument waarmee hy die lewe hier met al sy uitdagings as’t ware “oop kan sê’.


Target Market

Lombard se toeganklike poësie word gekenmerk deur sy fyn waarnemingsvermoë en ’n ironiese blik op die wêreld. Sy insig in die menslike kondisie en voortdurende soeke na betekenis is kenmerkend  van sy gedigte. 

Sandskrif is sy sesde digbundel. 

Weight 1 kg
Dimensions 152 × 6 × 222 mm
Genre

Poetry

Outeur

Heilna du Plooy